MOSSELBAAI NUUS - Edrei Gerber is Hoërskool Punt se dux-leerder vir 2022. Edrei het die volgende prestasies op sy kerfstok ingeryg en het onder meer die Sanlam-beker vir die beste prestasie in Afrikaans Huistaal ontvang.
Edrei het ook die Van Nierop-trofee vir Fisiese Wetenskappe ontvang asook die ENB-trofee vir Ekonomie.
Vir Rekeningkunde het hy die Sakekamer-trofee ontvang met 'n gemiddeld van 91.8%. Sy prestasies stop nie daar nie en het hy ook 'n trofee ontvang wat deur Ree Muller van Eduvos geskenk is.
Vir Wiskunde het Edrei 'n gemiddelde punt van 93.3% behaal en daarvoor is die Petri Terblanche-trofee aan hom toegeken.
Edrei staan eerste in sy klas met 'n gemiddelde prestasie van 92.9%. Boonop het Edrei ook die dux-trofee vir die hoogste akademiese prestasie ontvang.
Die skool het aan hom spesiale erekleure gegee omdat hy vanaf graad 9 tot graad 12 vir vier agtereenvolgende jare ‘n gemiddeld van 90% en meer behaal het en hy het elke jaar akademiese kleure verwerf.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'