Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - 'n Besoek aan die Diaz Primêre skool op Mosselbaai, laat 'n mens in verwondering staan oor die algehele netheid, die mooi en skoon nuwe geboue en die goed gedissiplineerde leerders.
Die skoolhoof, Genevieve Muller, het tydens die Covid-pandemie in April 2020 by die skool met meer as 900 leerders begin.
FOTOGALERY: Diaz Primêre skool
Muller vertel dat daar baie uitdagings was met agterstande ná Covid, maar dat die onderwysspan toegewyd is en veral daarop fokus om die leerders in hulle totaliteit te ontwikkel.
"Vandat ek hier begin het, het ek dit vir die gemeenskap en onderwysers benadruk dat dit nie oor die individu gaan nie, maar dat ons as 'n span moet saamwerk.
"Na aanleiding van die sisteemtoetse wat elke jaar gedoen word, het ons verlede jaar heelwat negatiewe resultate in van die leerders se uitslae gesien. Die skool se bestuurspan het 'n strategiese ingrypingsplan saamgestel en ekstra klasse vir die kinders aangebied, wat 'n groot verbetering in leerders se prestasies gehad het.
"Ons is 'n gedugte span hier by Diaz. As ons werk, werk ons hard!" het Muller gesê.
Van die onderwysers van Diaz Primêre skool tydens 'n spanbou-uitstappie.
VIDEO - Die skoolhoof van Diaz Primêre Skool vertel meer oor hoe hulle die Covid terugslae oorkom het:
VIDEO - Genevieve Muller, skoolhoof van die Diaz Primêre Skool vertel meer oor die skool se "mean team":
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’