MOSSELBAAI NUUS - Daniel (81) en Germaine (78) Cloete het op 18 Augustus hul 60ste huweliksherdenking gevier. Die personeel van die Benevolent Park aftree-oord het vir hulle 'n verrassingspartytjie gehou.
Volgens Daniel, kan hulle net die Vader bedank, dat hulle nog in liefde en vrede bymekaar kan wees.
"Al wat ek vir jongmense kan sê, is om hierdie mylpaal te bereik, moet jy jou vader en jou moeder eer."
Die egpaar is baie dankbaar vir Benevolent Park aftree-oord vir die goeie sorg en die partytjie wat vir hulle gereël is.
Hulle is daarna na Kaapstad, waar hulle by die NG Kerk Somerset-Wes ingeseën is.
Daniel (81) en Germaine (78) Cloete is na 60 jaar steeds gelukkig bymekaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'