MOSSELBAAI NUUS - Op grond van die goeie terugvoering na verlede week se openbare gespreksessie met die bestuur van die Mosselbaai Sentrale Verbeteringsdistrik (CID), word nog sessies hierdie week gehou.
Die CID het in Januarie met ‘n veldtog begin om die voetspoor van die gebied te vergroot.
Sessies word vandeesweek op Woensdag, 3 Februarie en Donderdag, 4 Februarie vanaf 09:30-11:30 by Delfino’s Restaurant gehou.
“Ons nooi eiendomseienaars binne die nuutvoorgestelde grense om deel te word van hierdie inisiatief en ‘n meerderheidstem uit te bring om die uitbreiding te laat plaasvind. Dankie vir die eienaars wat reeds hul stem ten gunste van die uitbreiding uitgebring het,” sê die bestuurder van die CID, Werner Schwella
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'