MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Onderdorp-buurtwag en patrollie nooi die publiek uit om op Erfenisdag, Vrydag 24 September ook bekend as Nasionale Braaidag, saam te geniet by The Rock 4x4 op Gourits.
Die byeenkoms word gehou om fondse in te samel vir geslotebaan-televisiekameras wat in die gebied geïnstalleer word.
Toegang vir voertuie is R450 per voertuig. Braaipakke is beskikbaar teen R75.
Die braaipak sluit een hoendersosatie, wors en 200g steak in. Bestellings vir die braaipakke sluit op 20 September.
Daar is 'n beperking op die hoeveelheid voertuie wat op die perseel toegelaat gaan word en Covid-19-protokol sal gevolg word.
Bespreek dus so gou moontlik om teleurstelling te voorkom. Kontak Yolande Heyneke by 082 880 1838.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'