MOSSELBAAI NUUS - 'n Vrou wat op 11 Januarie 2020 'n familielid se woning afgebrand het, is op 20 Mei in die hof op Mosselbaai tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die vrou, het volgens inligting van die Da Gamaskop-polisie, omstreeks 08:00 by 'n woning in die JCC-woongebied brand gestig, waarna die woning geheel en al vernietig is.
Die slagoffers, wat familieverwante van die veroordeelde brandstigter is, het al hulle besittings tydens die voorval verloor.
Die inwoners van die woning het ten tye van die voorval bestaan uit 'n vrou, haar broer, hulle pa en die vrou se kinders.
Die oorsaak van die voorval blyk 'n familietwis te gewees het.
Die saak is suksesvol ondersoek deur kst Wendell Januarie van die Da Gamaskop-polisie se speurtak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'