MOSSELBAAI NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie het die afgelope naweek nóg ’n persoon in Wolwedans in hegtenis geneem vir die onwettige verkoop van drank.
Op Sondag 1 Februarie het die lede van die stasie se Charlie-skof inligting oor dié drank in die Sone 14- informele nedersetting ontvang.
Hulle het daar ’n 41-jarige man gearresteer en op ’n groot hoeveelheid drank beslag gelê, insluitende 43 kaste bier, 10 5L dose 4th Street-wyn en agt bottels sterk drank.
Die man is vrygelaat en gewaarsku om op 10 Februarie in die hof te verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’