Gallery
MOSSELBAAI NUUS EN GALERY - Erika Primêr was vanjaar aan die ontvangkant van die Bosbus 8788 Social Club se liefdadigheidsinisiatief.
Dié klub, bestaande uit ’n groep militêre veterane van verskeie provinsies wat in 1987/88 hul diensplig voltooi het, hou jaarliks in Mosselbaai reünie.
Sowat twee jaar gelede het hulle egter besluit hulle wil gedurende hierdie samekoms ook terugploeg in die gemeenskap.
Die New Birth Ministry van Mosselbaai is ook by hierdie inisiatief betrokke en het die klub gehelp om ’n skool te identifiseer wat by ’n skenking kan baat.
’n Paar leerders en onderwysers van Erika Primêr het aan die einde van Augustus saam met klublede en New Birth Ministries in Santos bymekaargekom waar hulle onder meer skryfbehoeftes, komberse, kospakkies asook ’n maaltyd en koek ontvang het. “Ons waardeer die vriendelikheid en vrygewigheid wat teenoor ons leerders betoon is, opreg,” het die skool gesê.
Leerders is ook by die geleentheid aangemoedig om te dink aan hul pad vorentoe in die lewe, wat hulle graag wil bereik, en hoe hulle dit kan regkry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’