MOSSELBAAI NUUS - Alle vroue word uitgenooi om Dinsdag, 27 Junie, om 10:30, 'n pienk-en-wit oggend saam met Klein-Brakrivier se VLV-tak by te woon.
Die geleentheid by die Reebok-gemeenskapsaal, is onder leiding van Gesondheid-sameroeper, Lucia du Plessis, en fokus op borskanker bewustheid.
Christelle de Waal is 11 jaar gelede met drie verskillende soorte borskanker gediagnoseer. Sy het 'n besonder moeilike pad geloop, maar het die kanker oorleef.
Sy is vandag deel van "Just Breath", 'n nie-winsgewende organisasie (NWO) wat inligtingstukke aan borskanker pasiënte verskaf.
Christelle gaan haar verhaal vertel en die relevante vraag, 'wat is my waarde na borskanker?' vanuit haar ervaring, beantwoord.
Leoni Carolus is 'n verpleegsuster by die Sub-Distrik-kantoor van die Mosselbaai-hospitaal. Sy gaan meer vertel oor die belangrikheid van bors-ondersoeke en vroue leer hoe om dit self te kan doen.
Die uiters gewilde skatkistafel met snuisterye, lekkernye en ander 'skatte', open om 10:15, maar wees gewaarsku dit verkoop blitsvinnig uit.
Soos gewoonlik word daar smulhappies saam met die tee bedien, en gaste (teen R40 per persoon) is meer as welkom. Sit iets pienk by jou uitrusting en kontak gerus vir Lucia (072 659 8760) om jou bywoning te bevestig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’