MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vier-en-veertigjarige man wat aangekla is van die ontvoering en verkragting van ‘n 15-jarige meisie, bly in aanhouding totdat hy weer op 5 Februarie 2020 voor die hof sal verskyn.
Besorgde lede van die gemeenskap, waaronder plaaslike raadslede het vanoggend by die Mosselbaai-landdroshof solidariteit met die slagoffers van seksuele misdaad getoon tydens ‘n vreedsame byeenkoms.
Volgens inligting het die verdagte die slagoffer in Matezastraat, Kwanonqaba in ‘n afleweringsvoertuig gedwing en na ‘n huis geneem waar sy verkrag is.
Sy het glo later ontsnap en na die KwaNonqaba-polisiestasie gevlug waar sy die misdaad aangemeld het.
Besorgde lede van die gemeenskap.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'