MOSSELBAAI NUUS - Mardina Duitsjan, gebore 21 Junie 1935, het verlede Saterdag, 21 Junie, haar 90ste verjaarsdag gevier.
Duitsjan is bekend as die ‘Big Mama’ van die familie. Sy woon op Vleesbaai, waar sy 16 kinders gehad het.
Vier van hulle lewe nog, drie dogters en ’n seun. Sy is ’n ouma van 20 kleinkinders, oumagrootjie van 30 agterkleinkinders en het agt agteragterkleinkinders.
Duitsjan is baie lief vir naaldwerk en tuinmaak.
Sy word geag as ’n vrou met ’n baie groot hart en het altyd ’n glimlag vir almal.
Sy bied ’n helpende hand aan enigiemand in tye van nood en sorg dat hulle veilig in haar teenwoordigheid voel.
Mardina Duitsjan en sommige van haar agterkleinkinders en agteragterkleinkinders.
Duitsjan is een van die twee oudste vrouens op Vleesbaai, en haar 90ste verjaarsdag was ’n groot mylpaal in haar familie se geskiedenis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’