MOSSELBAAI NUUS - Die ATKV se Kopskuifprogram vir hoërskole en laerskole het ten doel om gehalte onderwys in skole te ondersteun, asook om motiveringsessies en werkswinkels aan te bied.
‘n Werkswinkel is op Donderdag, 3 Februarie aan skoolbestuurspanne van agt plaaslike skole aangebied.
Bestuurspanne is opnuut herinner van die belangrike rol wat hulle vervul ten einde effektiewe onderrig te verseker.
Die fasiliteerder was Alden Hendricks, wat ook vir die kopskuifprogram verantwoordelik is.
Hendricks het op ‘n baie praktiese manier die aanbieding gedoen. Ander sessies word ook aan onderwysers, graad 12-leerders en nie-doserende personeel aangebied.
Vir meer besonderhede, skakel Hendricks by (082 411 1333).
Fasiliteerder, Alden Hendricks (links, agter) saam met die plaaslike skoolhoofde wat die werkswinkel bygewoon het. Voor (tweede van links) is die WKOD-kringbestuurder, Rozelle Neethling-Smith.
Ridgeview Primêre Skool se skoolbestuurspan het ook die sessies bygewoon (van links) Dolene Seconds, Lucille Pick, Sharlton Groenewald (skoolhoof), Janice Kerridge en Leoni Violanté.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'