MOSSELBAAI NUUS - Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer kinders na die Desembervakansie terugkeer skool toe gaan.
Skole op Mosselbaai het op Woensdag, 15 Januarie, weer hul deure oopgegooi en die leerders verwelkom.
Die ACVV Mosselbaai maatskaplike dienste, het met behulp van die Sonskynvallei e-sentrum, 'n terug-skool-toe-program vir die kinders van die Sonskynvallei-gemeenskap gereël.
Die program het op Dinsdag, 14 Januarie, plaasgevind, wat bestaan het uit haarsny, hare droogblaas en die vleg daarvan. Alles was gratis aangebied.
Die kinders se naels is ook geknip en almal was netjies toe hulle weer die eerste keer terug is skool toe.
'n Impromptu salon was nie die enigste aspek van dié program nie. Die kinders is ook touwys gemaak oor die Kinderwet van Suid-Afrika en die beskerming wat dit aan hulle bied.
Kinders wat hul hare en naels gratis laat sny. Foto: Junique Rhode
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’