Hulle noem in 'n memorandum, "Gronde is heilige bloedgrond, asook historiese erfenisterreine wat ons gaan indien vir ministeriële en presidensiële projekte vir die Khoi-san-volk, Greenhaven- en Wolwedans gemeenskappe."
In die memorandum maak die Gourikwa-Huis gewag daarvan dat 16 gemeenskapsgrondeise by die Grondeise Kommissie geregistreer is en dat aanspraak gemaak word op grond by Souwesiastrand, Saagkamp, Otto en Cong-Kamp.
Hulle vra dan ook die onmiddellike moratorium op enige ontwikkeling op die Saagkamp en Cong-kamp gronde.
"Hierdie grond is geoormerk vir landboudoeleindes en verblyf vir ons Khoisan volk, Greenhaven en Wolwedansgemeenskappe," lui die memorandum.
Wat betref Souwesia en Otto, word die munisipaliteit versoek om 'n kusfront te ontwikkel vir die gemeenskap en dat die orige grond aan die Gourikwa-Huis oorgedra sal word.
"Ons versoek dat ons ook deel in die vruggebruik van De Vette Mossel se huurgeld en dat geen verdere huurooreenkomste met hulle aangegaan moet word nie. Ons vra u om 'n moratorium op al die eisgrond te plaas, behalwe die kusgebied van Souwesia."
'n Huldigingseremonie is ook op die grond gehou. Verteenwoordigers van die Gourikwa-Huis Khoi-San, onder andere Hoofman Cedric Jacobs, Hoofvrou Dinah Olivier en mnr Willem Possel het die gemeenskap voorgegaan in die optog.

'n Groepie van die Gourikwa-Huis Khoi-San het op Saterdag, 28 Junie 'n optog op Groot-Brakrivier gehou om 'n memorandum oor hul grondeise amptelik te oorhandig. Foto: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier | Tuinroete nuus'