Update
SLANGRIVIER NUUS - 'n Vyf-en-twintigjarige man van Slangrivier is in hegtenis geneem op 'n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Hy het na bewering 'n 40-jarige vrou in haar huis in Asla Park aangerand.
Die voorval het gedurende die nag van 14 tot 15 Januarie plaasgevind terwyl die vrou en haar seun alleen in die woning geslaap het.
Volgens die ondersoekbeampte, ao Reon Grundlingh is klagtes van huisbraak met die opset onbekend aan die staat, asook aanranding met die opset om ernstig te beseer, oopgemaak.
Die beskuldigde verskyn weer op 26 Januarie om aansoek vir borgtog te doen nadat hy Dinsdag, 19 Januarie vlugtig in die hof verskyn het.
Die beskuldigde is in 2016 op soortgelyke aanklagte skuldig bevind na hy glo sy buurvrou, destyds 50 jaar oud, ook ernstig aangerand het.
Die gemeenskap het destyds daarop aangedring dat hy uit die dorp verban word terwyl sy saak nog hangend was. Intussen dreig hulle weer om protes aan te teken as die beskuldigde borgtog sou kry.
Vorige artikel: Man vas vir aanranding
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'