MOSSELBAAI NUUS - Die NG Mosselbaai-Suidgemeente hou vandag, Vrydag 6 Maart vanaf 17:30 weer basaar op hulle kerkgronde in 15de Laan.
Dit beloof om soos in die verlede 'n heerlike feesgeleentheid met talle verrassings te wees.
Vanaf 10:30 is daar 'n tee- en koffietuin met heerlike gebak.
Aktiwiteite vir die kinders begin om 17:30 met 'n kindertafel wat allerlei lekkernye en interessante goedjies vir kinders sal hê. Dit sluit tombola en gesigverf in. Vanaf 17:30 sal daar ook allerhande lekker hap- en trapetes wees.
Moenie vergeet van die vars vleis en gewilde aandetes nie. Daar is 'n witolifant-tafel waar die versamelaar interessanthede teen billike pryse kan opraap.
Wat is 'n basaar sonder pannekoek?
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'