MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Reebok, Gerda Grobbelaar (63) se man, Pieter het haar onlangs met 'n tandemvalskermsprong op Mosselbaai verras.
Dit was boonop die egpaar se 40ste huweliksherdenking en vroeër het Gerda aan Pieter genoem dat 'n tandemsprong op haar lys van moet-doen-dinge is.
"Ek het vir haar gesê om warm aan te trek omdat ons 'n entjie gaan ry. Sy was baie verbaas toe ons by die vliegveld stop."
Nodeloos om te sê is Gerda se moet-doen-lysie nou korter.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'