MOSSELBAAI NUUS - Twee egpare wat bure is in Hartenrus-aftreeoord het op 5 Julie beide hul 60ste huweliksherdenking gevier.
Die Viljoen egpaar wat 13 jaar in Hartenrus woon, is 60 jaar gelede in Beaufort-Wes getroud terwyl die Warmenhoven-egpaar (12 jaar in Hartenrus) in Oudtshoorn getroud is.
Hier kuier John (84) en Oedie Warmenhoven (82) by Elsabè (86) en Ping Pong Viljoen (86) op hul 60ste huweliksherdenking.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'