MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie het in die onlangse verlede gereeld wenke deurgegee oor die hantering van aanlyntransaksies, veral met betrekking tot die bespreking van akkommodasie en aankoop van goedere. Nog 'n tendens, wat al hoe meer voorkom, is bedrieglike transaksies met die aanlynverkope van voertuie.
Die polisie het verskeie bedrogdossiere van inwoners wat op aanlynverkoopsplatforms transaksies doen, net om uit te vind dat skelms met hulle geld verdwyn het.
"Maak seker voor jy enige geld inbetaal dat die goedere wat jy wil aankoop, wel te koop is. Maak ook seker dat die persoon met wie jy besigheid doen, wel bestaan. Moenie goedsmoeds deposito's betaal nie," waarsku die kommunikasiebeampte, ao Kappie Kapp.
"Inwoners koop items aanlyn, betaal dan die geld in 'n rekening wat die sogenaamde verkoper aan hulle gee, en hoor dan nie weer van die verkoper nie. Ons raai inwoners aan om versigtig te wees."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'