Die gemeenskap het onlangs besluit om self in te spring en die besoedelingsprobleem te pak. Hulle het met swart sakke die water ingevaar en sakke vol rommel uitgevis.
Daar heers egter groot kommer oor die onveilige toegang tot die opgaargebied waar, volgens die gemeenskap, hul kinders vrylik toegang tot die dam water het. Hoewel in die winter dalk nie so aanloklik nie, vrees die gemeenskap dat die waterbron in die warmer maande net té aanloklik vir die jongspan gaan wees en sien hulle dit as 'n ongeluk wat wag om te gebeur.
Die munisipale woordvoerder, mnr Harry Hill, het op medianavrae reageer.
"Die sloot ter sprake is die Amy Searle-kanaal wat water uit daardie gebied dreineer. Die water was blykbaar altyd daar, maar het sigbaar geword nadat die riete uitgehaal is. Dit is ongelukkig besoedelde water wat uit die rivier daarheen sypel, en die probleem word vererger deurdat mense rommel daarin gooi.
"Die projek behels die installering van kasduikers (oftewel afvoerslote), (daar is tans net pype) asook 'n vloer van spesiale sementblokke op die bodem van die sloot deur 'n kontrakteur onder die pad wat in aanbou is om toegang na, onder meer, die skool te verseker gedurende die nat maande.
"Die werk is tydelik vertraag weens onvoldoende fondse wat beskikbaar was in die pas afgelope finansiële jaar, maar sal in die nuwe jaar hervat word. Die munisipaliteit sal die saak van die afkamping van die gedeelte met die kontrakteur opneem."

Lede van die gemeenskap het op eie inisiatief skouer aan die wiel gesit en rommel uit die sloot en opgaardam in Groot-Brakrivier verwyder. Foto: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'