MOSSELBAAI NUUS - Twee voertuie het vanoggend by die T-aansluiting vanaf die N2 naby die Langeberg Mall gebots. Verkeer het weens die voorval na beide rigtings opgehoop.
Dit is die tweede botsing in dieselfde gebied in minder as 'n week.
Munisipale woordvoerder, Cornelle Carstens, sê een voertuig het voor 'n ander ingedraai. Nooddienste is na die toneel ontbied en een persoon is vir ligte beserings behandel.
Foto's: Alet Engelbrecht
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’