MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op KwaNonqaba doen ‘n beroep op Mosselbaaiers om na vore te kom met inligting nadat die liggame van twee mans met verskeie steekwonde gevind is.
Polisiewoordvoerder, sersant Kappie Kapp sê die liggaam van ‘n 43-jarige man is Vrydag, op 6 Maart om ongeveer 05:15 in Bokwestraat in KwaNonqaba gevind.
Hy sê die slagoffer het verskeie steekwonde aan sy nek en rug gehad.
Kapp sê kort daarna is nog ‘n liggaam, die van ‘n 20-jarige man, in Scholtzstraat gevind. Die man is ‘n inwoner van Zone 1. Die slagoffer het ook verskeie steekwonde aan sy rug gehad.
Kapp sê daar is tans geen ooggetuies wat die polisie met die moordondersoeke kan help nie.
Hy vra dat enigeen met inligting die ondersoekbeampte kontak by 079 894 1599.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'