MOSSELBAAI NUUS - 'n Groep tienermeisies het verlede week, met die oog op hulle persoonlike veiligheid, 'n gratis selfverdedigingskursus bygewoon.
Dit is aangebied deur Philip Goodger van die Tiger Kai-gimnasium en -gevegskool.
Die meisies, waaronder 'n groep skoolverlaters is tydens die kursus bemagtig aangesien baie van hulle volgende jaar in 'n minder beskermende omgewing sal wees.
Tydens die kursus is daar veral gefokus op paraatheid.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'