MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-polisie waarsku inwoners dat diewe nou agtergekom dat hul goeie kontant kan verdien deur vullishouers op wiele (wheelie-bins) te steel vanaf sypaadjies en weer aan ander mense te verkoop.
"Die polisie vra egter die inwoners om nie so 'n item aan te koop as dit nie vanaf 'n wettige verkoper is nie en as jy dit vanaf ander persone aankoop, skep jy 'n mark vir hierdie blatante skelms en is jy ook moontlik in besit van gesteelde eiendom.
"Merk jou drom met jou naam en straatadres op. Stoot jou asblik dieselfde dag wat vullis deur die munisipaliteit verwyder word eers uit.
Haal vullissakke uit, los dit op sypaadjie en neem jou duursame asblik weer na binne jou toegesluite erf. Sluit die vullishouer aan 'n vaste struktuur met 'n ketting op die sypaadjie indien jy dit so verkies," sê die kommunikasiebeampte, ao Pieter Koekemoer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'