GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Annette Daniels (30) was 'n liefdevolle mens. So sê haar familie op Wolwedans.
Annette se liggaam is op Sondag, 6 Februarie tussen bosse naby Sone 14 op Groot-Brakrivier gevind.
Sy het kopwonde en sleepmerke aan haar liggaam gehad.
Teen die ter perse gaan is die moontlikheid dat sy verkrag is ook ondersoek.
Haar familie sê sy was 'n baie rustige mens en woon reeds etlike jare op Groot Brak.
Daniels was nie getroud nie en het nie enige kinders nie. Volgens haar familie was sy enkellopend.
Sy het op 'n aarbeiplaas in die Groot-Brakrivier omgewing gewerk en het saam met familielede, onder meer haar broer op Wolwedans gewoon.
'n Voetganger het om ongeveer 09:00 op haar liggaam afgekom en die polisie in kennis gestel.
Daniels is een van vyf mense wat op Mosselbaai in 'n tydperk van 48 uur vermoor is.
Teen die ter perse gaan is drie verdagtes in hegtenis geneem. Nog niemand is egter in verband met die moord op Daniels aangekeer nie. Polisiekommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha sê hulle volg alle leidrade op en is besig met die moord-ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'