Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Inwoners van Island View tot sover as Vakansieplaas praat al weke lank oor die shofar wat hulle hoor weergalm elke aand om 19:00.
Dít gebeur sedert die nasionale grendeltydperk om middernag op 26 Maart begin het. Verskeie klank- en video-opnames hiervan is deur lede van die gemeenskap aan die Mossel Bay Advertiser gestuur.
Navrae om die persoon op te spoor het aan die lig gebring dat daar ‘n tweede shofar-blaser is.
“Ná die shofars geblaas is kan ek hoor dat iemand oor ‘n mikrofoon praat. Ek kan nie alles goed hoor nie, maar ek kan hoor hy bid,” vertel ‘n lid van die publiek wat in die omgewing bly.
Die Advertiser kon nog nie daarin slag om die shofar-blasers te identifiseer en persoonlik met hulle kontak te maak nie.
‘n Lid van die publiek het hierdie video van ‘n shofar-blaser in haar omgewing vanuit haar huis geneem:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'