Die SAPD-bus waarin die mans, almal tussen 20 en 26 jaar oud, het die pad verlaat in die Robinsonpas en teen 'n afgrond afgestort.
Verlede Donderdag, het lede van die SAPD 'n kranslegging by die gedenkteken gedoen vir die 26ste herdenking van dié ongeluk.
Pastoor Moses Matthews, huidige voorsitter van die Da Gamaskop GPF, het tydens sy kort boodskap uit 'n gedeelte van Romeine 13 die SAPD-lede daaraan herinner dat hulle as outoriteitsfigure, bo alles in diens van God staan.
Lt-kol Maurice von Egmond, wat destyds op die ongelukstoneel was, het ook 'n herinnering aan dié tragiese dag gedeel. Kol Charmain van der Sandt, stasiebevelvoerder van Da Gamaskop, het daarna verwys hoe bevoorreg almal teenwoordig was om diégene wat die hoogste prys betaal het, te kan salueer.
Raadsdame Marie Ferreira, Uitvoerende Burgemeester van Mosselbaai, het ook die fatale dag ter herinnering geroep tydens die kranslegging.
"Dit is egter 'n voorreg om nie net die gestorwenes vandag te salueer nie, maar ook die SAPD in die groter Mosselbaai," het sy ten slotte gesê.

Die 26ste herdenking van 'n busongeluk in 1988 waarin 13 SAPD-lede gesterf het, is verlede Donderdag, 30 Janurie in Robinsonpas gevier. Hier is René Bongers (eienaar van Eight Bells Hotel), kol Charmain van der Sandt, lt-kol Maurice von Egmond (beide van SAPD Da Gamaskop), Raadsdame Marie Ferreira, Zelda Beukes (voorsitter GPF Da Gamaskop-sone) en past Moses Matthews (voorsitter, GPF Da Gamaskop).
Die manne en vroue in blou skaar hulself rondom die gedenkteken wat in Robinsonpas opgerig is vir 13 SAPD-lede wat in 1988 op pad na die Diasfees, verongeluk het. Hierdie SAPD-lede was deel van 'n drilpeleton wat aan 'n gedenkdiens verlede Donderdag, 30 Januarie deelgeneem het. Foto's: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'