MOSSELBAAI NUUS - 'n Plaaslike sanger, Tanja Storm het onlangs haar tweede album opgeneem.
Een van die liedjies, Hi Hi (Mosselbaai) is ook op die album beskikbaar.
Storm sê sy hoewel sy lief is vir ballades het sy 'n opgewekte liedjie gesoek om die album te voltooi.
As destydse stadsmeisie was dit 'n aanpassing vir hierdie "inkommer" om op 'n dorp soos Mosselbaai te woon. Tóg is Tanja 'n plaaslike inwoner sedert 1991 en dit blyk nou sy is hier om te bly. "Ek het die kitaar opgetel en net begin sing. Die kitaar is nie juis my eerste keuse van instrument nie. Ek onthou toe 'n gedig wat ek moes skryf by een van Fred Orban se Klanke-, Kultuur- en Kaggelkosaande voorgelees is. Ek het die gedig ingewerk in die liedjie en die liedjie het vorm gekry."
Tanja het Hi Hi, wat 'n tipiese kwêla-ritme het, opgevoer by vanjaar se Soul Festival saam met plaaslike musikante Max Mamakoko en die C Vibes-orkes wat lede is van die Youth Café in Groot-Brakrivier. Die liedjie vorm deel van haar nuwe album, Ek is Oppad. Die liedjie is ook opgelaai op YouTube gekomplimenteer deur 'n samestelling van Mosselbaai foto's geneem deur Tersia Marais.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'