MOSSELBAAI NUUS - Die NG Reebok-gemeente se jaarlikse kermis-basaar vind op Saterdag, 1 April vanaf 10:00 rondom die kerkgebou in Impalaweg, Reebok plaas.
Impalaweg gaan tydelik gesluit word sodat daar voldoende plek vir verskillende stalletjies en ook kuierplek sal wees.
Volgens ds Gerhard van Dyk van dié gemeente, gaan die tafels kreun onder brood en beskuit, kleinkoekies, koeke, terte, jafels, potjiekos, kerrie en rys, pannekoek, poeding, melkkos, groente en vrugte, boeke, CD’s en vele meer.
"Vir al ons kinders sal daar ook ‘n kindertafel, tombola, speletjies en 'n springkasteel wees. By die wit-olifanttafel sal daar ook allerlei interessanthede te koop wees. Kom geniet die dag saam met ons," nooi Van Dyk
Van Dyk kan ook gekontak word vir enige navrae (082 375 2944).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'