MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie in samewerking met die gemeenskapspolisieforum en die polisie se eenheid vir gesinsgeweld-, kindermishandeling en seksuele misdrywe op Mosselbaai het vandeesweek gaan kuier by Denneprag Primêre Skool.
Die besoekers het beertjies uitgedeel aan die kinders as 'n herinnering daaraan die polisie daar is om hulle veiligheid te help verseker.
Gedurende die geleentheid is die kinders ook bemagtig deur veiligheidswenke om hulle meer weerbaar teen misdadige aktiwiteite te maak.
"Ons bedank die personeel wat ons so vriendelik ontvang het," sê kapt Wollie Fourie, kommunikasiebeampte van die Da Gamaskop-polisie.
Leerders en personeel van Denneprag Primêre Skool saam met polisielede tydens hulle besoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'