Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Susan Brits wat in 2008 by Hoërskool Punt gematrikuleer het, is een van 36 Suid-Afrikaners wat die gesogte Chevening-beurs verwerf het.
Die beurs, met 'n waarde van R1 miljoen wat studies, verblyf, kos en reisgeld insluit, word deur die Britse Koningshuis beskikbaar gestel om vir een jaar in Engeland 'n Meestersgraad in 'n spesifieke vakrigting te studeer.
FOTOGALERY: Susan Brits ontvang Chevening-beurs
Een van die redes hoekom ek aansoek gedoen het vir die Chevening Beurs is sodat ek weer voltyds kan studeer.
Ek het in 2016 en 2017 deeltyds my honneurs by Stellenbosch in Leerondersteuning gedoen terwyl ek gewerk het as 'n onderwyser.
Dit is baie moeilik om te studeer en te werk en mens maak baie opofferinge, maar dit is altyd die moeite werd, want as ek nie dit gedoen het nie sou dié Meestersgraad nie moontlik gewees het nie.
Susan wat reeds in Oktober 2022 begin het met die meestersgraad in opvoedkundige neuro-wetenskap, loop nou klas by doktore en professore wat die handboeke van haar studieveld geskryf het.
Twee-en-sestigduisend inskrywings is wêreldwyd vir die Chevening-beurs ontvang met 1 600 suksesvolle aansoekers.
Opvoedkundige neuro-wetenskap is 'n nuwe onderwysrigting en Susan keer in Januarie 2024 terug om haar passie om mense te help, in Suid-Afrika voort te sit deur haar kundigheid in die vakgebied aan te wend.
Een van die studies waarmee sy besig is, is om die uitwerking van ondervoeding op die ontwikkeling van die menslike brein te ondersoek. Susan vervolg:
"Ek mis vir seker my familie. Maar op 'n manier klou ons aan alles vas wat bekend vir ons is, ons kultuur, mense en dinge wat ons Suid Afrikaners maak. Ons Suid Afrikaners het dadelik n hegte band hier geskep."
Susan (32) was vir agt jaar 'n onderwyser in Somerset-Wes en is ook 'n entrepreneur. Sy het haar eie webblad begin, "Aanlyn saam met juffrou Brits", met 7 000 volgelinge.
"Ek gaan die platform vanjaar gebruik om meer inligting oor my studies te deel met onderwysers en skole."
Aansoeke vir die Chevening Beurs open weer in Augustus 2023.
VIDEO - Susan Brits telling us about her studies in London with fellow student Bansari Sanghvi.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'