MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Sentrale Verbeteringsdistrik (The Mossel Bay Central Improvement District - CID) is as 'n nie-wingewende organisasie geregistreer en bestaan uit lede en grondeienaars binne die geografies afgebakende gebied in Sentraal Mosselbaai, insluitend die hawegebied.
Die organisasie hou hul algemene jaarvergadering op 29 September om 17:30 in die sysaal van die Mosselbaaise stadsaal.
Tydens die byeenkoms sal die voorsitter van die direksie, André Nel 'n oorsig lewer van die aktiwiteite van die organisasie.
Die finansiële state en die begroting vir die nuwe finansiële jaar sal bespreek word, asook die verkiesing van direkteure.
Alle lede, grondeienaars binne die CID, asook enige belangstellendes wat insette in die verbetering van dienste wil lewer, word na die byeenkoms uitgenooi.
Vrae insake die beoogde vergroting van die CID se grense sal hanteer word.
Onthou jou masker.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'