MOSSELBAAI NUUS - Kenny van Niekerk wat in Februarie vanjaar in 'n ernstige botsing op Louis Fourieweg betrokke was, het by die dood omgedraai. Hy was lank in die intensiewe sorgeenheid waar daar gevrees is vir sy lewe, maar vandag staan hy weer in 'n werk en is die lewe so te sê normaal soos voorheen, behalwe vir die kragtige getuiens van sy genesing.
Dit is juis hierdie storie en groot getuienis wat hy op Saterdag, 10 Augustus in die PPK Emmanuel, Heiderand sal deel.
Die geleentheid vind plaas om 10:00. Motorfietsryers beplan 'n massarit vanaf die Langeberg Mall om 09:00 om ook hierdie besonderse geleentheid te ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'