MOSSELBAAI NUUS - André Hendricks van die ATKV se Kopskuifprogram het Vrydag, 6 Mei met die skoolhoofde van ‘n paar plaaslike hoër- en laerskole gesels oor hoe hulle hul kapasiteit ten beste kan bestuur.
Hendricks is ‘n gekwalifiseerde lewensafrigter en werk gereeld met korporatiewe groepe.
Hy het ook, gedurende sy vertoewe in die Suid-Kaap, by verskeie skole in Mosselbaai en omstreke, sessies met die matrieks gehad.
Hendricks het Saterdag, 7 Mei ook ‘n opleidingsessie vir die lede van skoolbeheerliggame aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'