Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Tydens die munisipale raad se eerste maandelikse vergadering vir 2023 wat op 23 Februarie plaasgevind het, is drie nuwe togas seremonieel in gebruik geneem.
Die raadsvergadering is ingelui met 'n rooitapyt-fotosessie voor die raadslede hulle plekke in die raadsaal ingeneem het.
Voorheen, het slegs die uitvoerende burgemeester 'n amptelike toga gedra, maar die gebruik is nou vir die eerste keer uitgebrei na die onderburgemeester, asook die speaker.
Dit is onbekend presies hoe lank die vorige burgemeestertoga in gebruik was, maar sover bekend is die toga nog nie sedert 1975 vervang nie. Dit is dus gedurende die afgelope bykans 50 jaar deur 10 voormalige burgemeesters van Mosselbaai, insluitend die huidige burgemeester, Dirk Kotzé gedra.
VIDEO - Raadsheer Dirk Kotzé vertel meer oor die nuwe togas wat aan hulle oorhandig is.
'Ons bring jou die nuuste Mosselbaai, Tuinroete nuus'