Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Op Saterdag, 12 February het die jaarlikse Mnr en Mej Valentine-kompetisie, georganiseer en aangebied deur Karen Gray en Deon Lensing van Crawlers & Crowns Model Academy, by die DBV-Mosselbaai plaasgevind.
Gerda Groenewald (DBV-bestuurder) en haar span het groot waardering vir die werk wat ingesit is om die heerlike dag 'n sukses te maak.
Elke deelnemer moes katte- en hondekos bring as deel van hulle inskrywing vir die kompetisie waarin hulle pragtige krone, sashes en lekker pryse kon wen.
Die ingangsfooie by die hek vir toeskouers is ook aan die DBV geskenk.
Die heldin van die dag was Nika Nysschen, vier jaar oud, nou met vier titels agter haar naam - Little Miss Eden SA Top Model, Little Miss Hartenbos Seefront, First runner-up Little Miss Diaz, en die Little Miss Valentine-titel.
FOTOGALERY: DBV-Mosselbaai en Mnr en Mej Valentine-kompetisie
Nika was as die algehele liefdadigheidswenner aangewys omrede sy die meeste kos vir die honde en katte ingesamel het.
Sy het dit vreeslik geniet om die kos by die Mosselbaai besighede te gaan haal en te gaan afgee by die DBV. Sy het oor 200 kilogram se kos ingesamel.
Kyk gerus uit vir Nika se volgende projekte om haar te ondersteun.
Die ingangsfooie by die hek vir toeskouers is ook aan die DBV geskenk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'