MOSSEL BAY NEWS -Dirk en Silvia Berry van Mosselbaai het Vrydag, 25 November hul 50ste huweliksherdenking gevier. Dirk is oorspronklik van die Dysselsdorp omgewing en Silvia 'n gebore Mosselbaaier.
Dirk het as tegnikus vir Telkom in Mosselbaai kom werk waar hy vir Silvia ontmoet het.
Volgens vertelling het sy haar hart op die Karoo-seun verloor. Die egpaar is steeds dolverlief en het vier seuns, Jacques, Peter, William en Sylvester. Hulle is ook die trotse grootouers van nege kleinkinders.
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'