MOSSELBAAI NUUS - Die Spartans-motorfietsklub het verlede jaar 'n gholfdag by die Mosselbaai-gholfklub gehou en geld ingesamel vir higiëne-pakkies wat onder meer sanitêredoekies bevat vir tienermeisies in die Eden-streek.
Die pakkies is onlangs aan skole in George oorhandig en op 22 Februarie is nog oorhandigings by skole op Mosselbaai gedoen.
Die motorfietsklub beoog om op 2 Maart nog pakkies aan skole in die omliggende omgewing te oorhandig.
Hulle bedank alle instansies wat hulle bygestaan het met borgskappe.
Higiëne-pakkies wat deur die motorfietsklub ingesamel is word aan Graad 7 leerders uitgedeel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'