Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Lede van die Memorable Order of Tin Hats (MOTH) van die Blaize Away MOTH Skulpie, het Sondag, 10 September, 'n gedenkparade by die Cenotaaf aan die Punt op Mosselbaai gehou.
Die Border Boys parade wat jaarliks plaasvind, word gehou ter ere van alle lede van die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte, wat die hoogste prys betaal het in militêre optredes aan die Namibiese grensoorlog en in ander buurlande vanaf vanaf 26 Augustus1966 tot 21 Maart 1990.
PHOTO GALLERY: MOTH's vier herinneringe
Verskeie operasie onder andere Operasie- Savannah, Reindeer, Askari en Protea is in die tydperk uitgevoer waarin menige soldate hul lewens verloor het. Ongeveer 2700 soldate het hulle lewens opgeoffer vir die land in dié tydperk.
Plaaslike militêre veterane, veterane van elders, hul families, diensorganisasies, vriende en lede van die publiek, het die parade bygewoon.
Burgemeester, Dirk Kotzé, het namens die Mosselbaai-munisipaliteit dié geleentheid toegespreek. Beide Kotzé en raadslid Anton Dellemijn, ook 'n militêre veteraan, het namens die munisipaliteit kranse gelê by die geleentheid.
Verskeie diensorganisasies soos die Seinkorps, Savannah veterane en die Voortrekkers het ook kranse of kruise gelê.
Vier Mosselbaaiers, wie se name op die Cenotaaf verskyn én wat by die parade genoem is, is tydens die Namibiese grensoorlog dood. Hulle is skutter G Gainsford, sersant BZ Gericke, sersant A Kees en weerman JR Matthee.
VIDEO - Blaize Away MOTH hou Border Boys gedenkparade:
VIDEO - ‘n Kranslegging word gehou tydens die ‘Border Boys’ parade wat jaarliks plaasvind, ter ere van alle lede van die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte, wat die hoogste prys betaal het in militêre optredes aan die Namibiese grensoorlog en in ander buurlande vanaf vanaf 26 Augustus 1966 tot 21 Maart 1990:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’