MOSSELBAAI NUUS - 'n Groot modelkompetisie het die vorige naweek by die Aalwynfees in Albertinia plaasgevind.
Drie modelle van die Crawlers and Crowns Model-akademie in Mosselbaai het met die volgende titels weggestap:
Die 12-jarige Rosie Koch is aangewys as Mej Aalwyn Tiener. Sy was die jongste deelnemer in die 12- tot 16-jaar kategorie. Jessica Landman (11) is aangewys as Mej Aalwyntjie en die vyfjarige Nika Nysschen is aangewys as Mej Klein Aalwyntjie.
Nika Nysschen
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'