MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is op Saterdag, 27 Oktober tydens die SA Polisie se provinsiale Prestige Awards as die beste GPF in die Wes-Kaap aangewys.
Dié prestasietoekennings is daarop gemik om erkenning te gee vir uitnemendheid en prestasies in misdaadvoorkoming.
Vervolgens sal die Mosselbaai GPF op nasionale vlak meeding om die nasionale toekenning.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'