MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Sentrale Verbeterings Distrik (The Mossel Bay Central Improvement District), 'n nie-wingewende organisasie bestaan uit lede en grondeienaars binne die geografies-afgebakende Sentraal Mosselbaai, insluitend die hawegebied.
Dié organisasie hou 'n algemene jaarvergadering op 9 Julie om 14:00 in die sysaal van die Mosselbaai Stadsaal.
Die voorsitter van die direksie, André Nel, sal 'n oorsig lewer van die aktiwiteite waarna die finansiële state en die begroting vir die nuwe finansiële jaar sal bespreek word.
Lede, grondeienaars binne die CID en belangstellendes wat insette in die middedorp se verbetering wil lewer, word uitgenooi na die byeenkoms.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'