MOSSELBAAI NUUS - ‘n Paar jaar gelede het ‘n paar oudsoldate, onder leiding van generaal Paul Lombard, besluit om jaarlike ‘n middagete aan te bied waartydens die oud stryders lekker kan gesels en saamkuier.
Ongelukkig het Covid die jaarlikse byeenkomste tydelik onderbreek en was van die veterane aanvanklik versigtig om so ‘n byeenkoms kort na die pandemie by te woon.
Ten spyte daarvan het meer as 60 lede verlede jaar se ete in Groot Brak bygewoon.
Hierdie jaar wil hulle poog om soos by geleenthede in die verlede, meer as 100 veterane bymekaar te kry vir die ete. Die middagete-funksie is vanjaar op 16 Februarie by die Diaz hotel in Mosselbaai. ‘n Keuse van potjiekos of vis en skyfies met ‘n poeding word aangebied.
Die veterane wat nog nie hul bywoning bevestig het nie, kan vir Theuns Coetzee kontak by tjcoetzee2015@outlook.com of WhatsApp by 082 2610 495.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'