Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se jaarlikse Metropolitan was weer eens ‘n reusesukses.
Die skool se “Gorries” het soos in die verlede weer pragtige hoede en perdjies gemaak.
Die res van die skool het toegekyk terwyl die graad 8-meisies met hul pragtige hoed (hul eie skeppings) op die loopplank geparadeer het. Die graad 8-seuns het weer op ‘n hindernisbaan teen mekaar gekompeteer met hul perde (eie skeppings) in die hand.
Punt se graad 12-leerders het pragtig gelyk in hul uitrustings, wat gepas was vir enige spoggerige geleentheid. Die res van die skool kon gekleurde strikdassies en gekleurde linte by hul normale skooldrag dra - ‘n pragtige, kleurvolle gesig.
Die ouers wat die geleentheid bygewoon het, het die dag in die son baie geniet en ook lekker gelag vir die glyende “perde” op die hindernisbaan.
Punt bedank me Schoeman, mnr Botha en die prefekte vir die skitterende dag wat hulle aangebied het. Die skool wil ook die borge wat gehelp het om van die dag ‘n sukses te maak, bedank. Die vroue van die OOV het soos gewoonlik ook hul kant gebring om die droë kele en honger magies te vul.
Johannes Pretorius en Albert Swanepoel was trots op hulle "perde". Foto: Francois B Photography
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'