MOSSELBAAI NUUS - Twee vriende wat glo stry gekry het oor 'n vrou, het mekaar op Saterdag, 30 Junie in 18de Laan op Mosselbaai te lyf gegaan waarna een met 'n skerp voorwerp in die nek gesteek is.
Volgens die polisie het die mans om 15:50 saam voor in 'n bakkie gery en die vrou agterop. Polisiewoordvoerder ao Pieter Koekemoer sê die 49-jarige verdagte het na bewering sy vriend (54) van 'n verhouding met die vrou beskuldig.
"Hy het die bakkie gestop en omgeloop waarna die slagoffer met 'n gebreekte bottel in die nek gesteek is." Die slagoffer is bebloed op die gras deur die polisie aangetref en is in 'n plaaslike hospitaal vir sy beserings behandel waarna die verdagte in hegtenis geneem is.
Die vriende woon glo saam op dieselfde perseel. "Die polisie moet 'n saak van poging tot moord ondersoek, al is die mans skynbaar na die voorval weer vriende."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'