Update
MOSSELBAAI NUUS - Die beskuldigde, Johnathan Kannemeyer (47) wat aangekla is van die moord op 'n Mosselbaaise vrou, wat maande lank vermis was, Anestacha September is vandag op Vrydag, 18 November in die Mosselbaai-streekhof skuldig bevind aan moord.
Kannemeyer het sedert sy arrestasie in Desember 2015 verskeie aansoeke gebring en was sedert sy inhegtenisneming in aanhouding in die George-gevangenis.
Anestacha is in Augustus 2014 laas lewend gesien is.
Na verskeie uitgebreide soektogte, is haar oorskot in Februarie 2015 naby die Gondwana-wildreservaat in die Herbertsdale-omgewing gevind.
Kannemeyer is bykans 16 maande na die oorledene se verdwyning aangekeer.
Anestacha September
Vorige artikels:
- Uitspraak in moordsaak weereens uitgestel
- Uitspraak in Kannemeyer-saak verwag
- September-moordsaak vorder stadig
- Deskundiges getuig in September-moord
- Deskundiges getuig in September-saak
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'