MOSSELBAAI NUUS - 'n Verdagte is in hegtenis geneem na die moord die afgelope naweek van die 40-jarige Basil Pietersen in Fransstraat in Civic Park.
Volgens bevestigde inligting is Pietersen na 'n onderonsie met die verdagte met 'n mes in die nek gesteek. Hy is met 'n ambulans na die Mosselbaai provinsiale hospitaal geneem, maar is met aankoms dood verklaar.
Die verdagte, 'n 38-jarige man, is deur ao Liezel Coetzee en konst Marks gearresteer en in die Mosselbaai-polisie se aanhoudingselle aangehou totdat hy op Dinsdag, 19 Junie in die Mosselbaai-landdroshof op 'n klag van moord verskyn het.
Die ondersoekbeampte, ao Georffery Moos, versoek enige persoon wat oor inligting oor die voorval beskik om hom te kontak (044 606 600). Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'