Video
GARDEN ROUTE | KAROO NEWS & VIDEO - It is hard times for many during this national lockdown.
While most people are frustrated about their forced "holiday", we in the news industry are among those who have to continue working.
The news never ends and we do our hardest to bring you factual news around the clock. Editors and journalists are still hard at work - even if it is mostly from home.
Wessel van Heerden asked a few of Group Editors' staff to tell us about their daily routine.
Paula-Ann Smith, editor of Graaff-Reinet Advertiser
Initially I found it difficult to work from home, as I had a routine that worked. I also missed walking to work for exercise and interacting with colleagues and seeing friends, as I live alone. At least I have a cat!
Now I get up at 06:30am, make my bed, get dressed, feed the cat and make coffee. Then I listen to the 07:00 news on RSG, while eating breakfast and checking our community social media pages for any news to follow up. The radio stays on the entire day, so I don't lose track of time or news.
Then I make a to-do list. These tasks vary, depending on which day of the newspaper production cycle it is.
I take a break at 13:00 to stretch my legs and get fresh air, and stop work at 17:00 (unless there's breaking news, which there often is). Then I'll take a walk around my house, get dinner started and call friends or family. At 19:00 I'll start doing research for my part-time studies, and weekends are for relaxing and housework. A balanced routine helps me to stay sane. I also recommend drinking a multivitamin, and calling your mother (or whoever)!
Wilma Adamson, redakteur Suid-Kaap Forum
Waar ek voorheen gedink het die werk sal baie minder wees as mens van die huis af werk, het ek my fout baie gou agtergekom. My dag begin sommer baie vroeg. Ek is gewoond om enige tyd van 05:15 tot 05:45 op te staan om vir werk gereed te maak, omdat ek op Stilbaai bly en daagliks na Riversdal, waar ons kantore is, te ry. Ek hou daarvan om my werksdag vroeg te begin en omdat my rytyd nou as gevolg van die inperking minder is, is ek reeds vroeg-vroeg voor my lessenaar.
Ek maak my klaar asof ek werk toe sou ry, omdat ek glo dit is nie goed vir jou moraal om met pajamas te sit en werk nie. Ek het ook my ’kantoor’ van my kamer na my sitkamer geskuif omdat daar ‘n beter uitsig is en ek kan sien wat om my aangaan. Wat dit moeiliker maak om van die huis af te werk, is dat feitlik alles nou telefonies gedoen word. Hoewel daar wel ‘n paar drankwinkels en ander winkels onder inbrake deurgeloop het, het misdaad in ons streek met rasseskrede afgeneem en ry ons die minimum rond.
Onder normale omstandighede was ons ook maar 24/7 aan diens, maar ek is beslis meer voor my laptop naure en selfs wanneer ek nie kan slaap nie, kom kyk ek gou of daar enigiets op my e-posse is wat aandag verg. Ek dink ons almal gaan baie moeilik in ons gewone roetines op kantoor aanpas wanneer die inperking uiteindelik gelig word.
Hannes Visser, redakteur van Oudtshoorn Courant
Met die inperking het die insamel en lewering van nuus heeltemal verander. Terwyl tegnologie ons toelaat om van die huis af te werk is die persoonlike kontak en die menslike aspek van nuus tot ‘n groot mate daarmee heen.
Verby is die dae dat ‘n joernalis heerlik by ‘n persoon kon gaan sit en gesels of sommer ‘n hele groep mense ontvang om die details van ‘n storie te kry. Ons kan ook nie sommer gou by ‘n kollega inloer en idees uitruil nie. Ek dink die inperking het ons laat besef hoeveel vryheid ons werklik gehad het en hoe bevoorreg ons was. Ek glo dat die media deur hierdie pandemie heeltemal gaan verander, maar steeds baie relevant sal bly.
Blake Linder, journalist at Knysna-Plett Herald
I normally start off my day by getting up early and hopping into the shower to have a fresh kick-off to the day before having some breakfast.
From there, I'll set up my laptop and get connected to our work systems via Wi-Fi. I'll then source, research and write some articles through the course of the day before popping out for some fresh air at lunch.
When my work is done, I'll have a hearty supper with a movie or two to end off the day.
Cornelle Carstens, joernalis Mossel Bay Advertiser
Om met siekte saam te leef, is nie grappies nie. En as daar een ding is wat ‘n mens besef sedert Covid-19 ons lewens besmet het, is dit dít. Dié virus ís aansteeklik. Van die simptome wat my die meeste pla, is die onderlinge angstigheid en agterdog waarmee mense mekaar bejeën.
Op Gouritsmond, waar ons tans grotendeels saam met bejaardes woon, wat in elk geval nooit buite kom nie, was daar nog in al die jare nie so ‘n polisieteenwoordigheid gewees soos nou nie. Maar op die keper beskou, is inperking nie vir my ‘n straf nie.
Toe ek in st. 2 was, het die ellende van my sinusitis sy kruin bereik. Ek moes ‘n week lank stoksielalleen in ‘n kliniek in Pretoria bly. ‘n Week is lank vir ‘n 10-jarige kind van die platteland. Ek het nooit weer sinus gekry nie en ‘n les in deursettingsvermoë het ek geleer.
Ek het op ‘n one horse town in die Vrystaat grootgeword het. Vermaak moes jy meestal self tuis skep. Vakansies het ons gekuier op die familieplaas Williston 60 km van die beskawing af. Daar was nie sprake van dorp toe skiet vir dit of dat nie. As jy iets nié gehad het nie, moes jy daarsonder klaarkom of ‘n ander plan maak. Die dae was dikwels onmenslik lank.
Dit bring my by die oggend van 16 April, aanvanklik vóór die verlenging, die laaste dag van inperking. Hier waar ek om 05:00 in ‘n grafstil Gouritsmond sit en skryf, is dit nie soveel anders as die Gourits wat ek sedert my kinderdae buite seisoen ken nie.
Ek is nie ingeperk nie, ek woon nou op Gourits en ek werk van die huis af. Ek gaan soms winkel toe soos nodig, want ek beplan beter. Ek hou my hande skoon, want dit is ‘n heilsame gewoonte. Ek kuier nie vreeslik rond nie, want ek geniet my gesinstyd. Viktor Frankl, die vader van logoterapie stel dit só, dat die laaste van alle menslike vryhede die vermoë is om jou reaksie op enige stel omstandighede te kies Ek is nie ingeperk nie. Hierdie is my nuwe normaal.
Watch a video below.
'We bring you the latest Garden Route, Karoo, Hessequa news'