Die doel van die besoek was eerstens om die beamptes aan die gemeenskappe bekend te stel, en voorts om hulle in staat te stel om 'n behoorlike behoeftebepaling te doen wat departementele projekte in hierdie areas vooraf moet gaan.
"n Totaal van meer as 450km is op een dag afgelê om sowat 'n kwart van die afgeleë gebiede te besoek.
"Verdere besoeke aan die oorblywende gemeenskappe word in die vooruitsig gestel," aldus Ao Brink.
Verskeie projekte gaan op hierdie besoek volg en 'n groot opgewondenheid heers onder die amptenare om onder meer tuinbouprojekte van stapel te stuur en aan te moedig sodat hierdie gemeenksappe tot groter selfonderhoudendheid aangemoedig kan word.
Van hierdie projekte sal reeds vanaf 1 Oktober volg.

Me Chantall London (Dept Kinderwelsyn), Ao JC Brink (KwaNonqaba SAPD), Santi Henri (Dept Maatskaplike Ontwikkeling) en Joycelynn Bavuma (Kinderwelsyn) het 'n deeglike behoeftebepaling by verskeie landelike gemeenskappe gedoen alvorens talle projekte in die gebiede geloods word.

Joycelynn Bavuma gesels met 'n vrou van Paardekraal bosbougemeenskap.

'n Tuinbouprojek om gemeenskappe meer selfonderhoudend te maak, is een van die projekte wat bevorder sal word.

Gemeenskappe soos Hagelkraal, Perdekop en Bonniedale is in hierdie besoek geteiken, terwyl ander afgeleë gemeenskappe eersdaags besoek sal word.

Mnr Hazron Williams (Dept Maatskaplike Ontwikkeling), Me Chantall London (Dept Kinderwelsyn), Santi Henry (Maatskaplike Ontwikkeling), Joycelynn Bavuma (Kinderwelsyn) en Ao JC Brink het op 17 September afgeleë landelike boerdery- en landbougemeenskappe besoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'