MOSSELBAAI NUUS - 'n Gesellige, interessante gespreksgeleentheid word vir 22 Junie by die Sandpiper Leisure Centre in Boggomsbaai beplan.
Die kunstenaar Bert du Plooy gaan sy insigte in die San se rotskuns toelig terwyl Tanja Storm en Charlie Winter musiek verskaf vir die aand wat geken sal word aan kuns, kultuur, heerlike kos en voortreflike wyn.
Du Plooy gaan ook sy boek, Understanding San Rock Art in South Africa tydens die geleentheid bekendstel. Daar sal ook 'n uitstalling van tekeninge, skilderye en beeldhouwerk deur die studente van CLAYworx Kunsskool wees.
'n Kos, kuns en kultuurgeleentheid vir die fynproewer met eksotiese paleo hors d'oeuvres en wyn rondom 'n gesellige vuur.Verrigtinge begin stiptelik om 18:00 en bespreking is noodsaaklik. Kontak gerus (044 699 1204).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'